VANDERBIJLPARK – Altesaam 97 spelers maak gereed vir die gesogte 12de Sedibeng Premier League (SPL) se T20-kriekettoernooi vir o11’s en o13’s wat van 1 tot 14 November aangebied word.
Die petoorhandigingfunksie vind Woensdag 21 Oktober om 18:00 by Die Veiling in Vereeniging plaas.
Die SPL bied jong krieketspelers in die streek die geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel en teen ander spanne mee te ding
Die agt spanne wat vanjaar deelneem, is: BW Blasters, Boundary Warriors, Bulls, Gary Mann Stags, Ravens, Roosters, Strikers en Thunder Force.
Die kragmetings word by die HS Transvalia en HS Overvaal beslis. Die toernooi begin op Sondag 1 November met verskeie wedstryde in die twee ouderdomsgroepe.
Die uitspeelwedstryde en eindstryde vind op 13 en 14 November plaas. Die o.11- en o.13-eindstryde word op 14 November by Transvalia gespeel.
Die spanne se afrigters is: Marius Enslin, Pieter Goosen, Ian Lotz, Ivan Venter, Werner Kriel, André en Xavier van Rensburg, Ben Myburgh, Anton Spies, Philip Grimsell, Dirk Greyling en Stefan Sma.
.