Goeiehoek Kontreimark vier sy 10de verjaardag!
Op 2 Mei wag daar 'n groot fees op die plaas Bosrand wanneer die Goeiehoek Kontreimark sy tiende bestaansjaar vier.
Padaanwysing na Goeiehoek-kontreimark: Neem die R42 Vereeniging/Heidelbergpad by 4Way Motors in Drie Riviere. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoek-kruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in die syaansluiting – rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op linkerhand ná die syaansluiting. Koördinate: GPS: S26°38’58.1 E28°06’50.0 of vind Goeiehoek Kontreimark op Google Maps.
* Getrou aan die Goeiehoek Kontreimark se beleid om ‘n verskil te maak in verdienstelike gevalle, reik die organiseerders van die plaasmark uit na hul mede-boeregemeenskap in Merweville in die Karoo, wat nog swaarkry om op hul bene te kom na ‘n langdurige droogte. Die boervroue van die Vaaldriehoek en Heidelberg stuur elke drie maande ‘n vrag kruideniersware daarheen. Kontak gerus vir Annatjie by 083 541 9908 as jy ‘n pakkie wil saamstuur of enige bydrae wil maak.
Foto onder: Daar is gewoonlik ‘n miernes van bedrywigheid op die pragtige plaas, Bosrand, wanneer Goeiehoek se boervroue hul ware uitstal en verkoop. Alle ander uitstallers is ook welkom om stalletjies by die kontreimark te kom beman.


