AmusingEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Ongewone ligstrale sorg vir pragtige foto

Strale lyk asof dit uit 'n wolk gegiet word

Relda Muller van Vanderbijlpark het Donderdag, 19 Mei, dié mooi prentjie met foto’s vasgevang. Sy sê sy was die middag omstreeks 16:00 in Rossini-boulevard in Vaal Mall se rigting op pad, toe sy sien hoe die sonstrale nét op die regte tyd deur die wolke breek om dié ongewone fenomeen – wat lyk soos ligstrale wat uitgegiet word – af te neem.
‘n Paar ander lesers het op Facebook laat weet dat hulle dit ook gesien het, maar meeste was nie vinnig genoeg om ‘n foto te neem nie.
(Dankie vir die foto, Relda! Dis is regtig iets besonders en baie pragtig!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button