EntertainmentLifestyleLocal LifestyleLocal newsNewsTravel

Vaal River Meander Wynroete begin hierdie naweek!

Vanjaar se Vaal River Meander Wynroete vind van 4 Junie tot 24 Julie plaas.

Wyngeesdriftiges, is julle gereed vir agt weke se lekker kuier deur die Vaaldriehoek om van Suid-Afrika se beste landgoedwyne te proe?
Vanjaar se Vaal River Meander Wynroete vind van 4 Junie tot 24 Julie plaas.
Die deelnemende venues is Emerald Resort & Casino, Heritage Village, Memories, Rio Sol Portuguese Restaurant (Vereeniging), Riviera on Vaal Resort, Urban Vines Bistro and Vineyard, Waterfront Country Lodge & Spa, Cock & Bull Pub, en Stonehaven on Vaal.
Verskillende landgoedwyne kan by elk van dié plekke geproe word, so jy kan agt weke lank van venue tot venue gaan om verskillende wynplase se oesjare te proe. Teen ‘n koste van slegs R50 per persoon kan agt verskillende wynkultivars by elk van die deelnemende lokale geniet word. Hierdie venues is uiteenlopend en bied kontrasterende wynproe-ervarings soos ‘n konvensionele proe in ‘n gesellige kroeg met ‘n kaggel, of per huisboot, luukse vlot, watertaxi, toerbus, in jou eie motor of per helikopter. Die keuse is joune!
Dit is ook ‘n wonderlike geleentheid vir maatskappye om hul kliënte of personeel te bederf met ‘n heerlike wynproe-ervaring, met of sonder ‘n maaltyd. Daar is verskeie pakkette om van te kies as jy ‘n korporatiewe of private groepuitstappie gedurende hierdie agt weke wil reël. Persoonlike pakkette kan aangepas word vir jou individuele, korporatiewe of private behoeftes.
Die Vaal River Meander Wynroete 2022 word op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n wyn-ekspo by Stonehaven on Vaal op Saterdag, 30 Julie. Kaartjies kos R250 per persoon en sal gaste in staat stel om wyne van tientalle verskillende wynlandgoedere by Stonehaven te geniet. Dit sluit ‘n komplimentêre wynproeglas en ‘n vaart aan boord van ‘n luukse vlot, of ‘n R50 maaltydbewys in. Kaartjies vir die groot finaal sal vanaf 30 Junie te koop wees.
Kontak enige van die venues of besoek www.vaalwineroute.co.za om die verskillende pakkette en roetes te sien. Jy kan ook die Facebook-blad besoek by https://www.facebook.com/VaalWineRoute. Algemene inligting is ook beskikbaar by (016) 982-2951/2.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button