EntertainmentLifestyleNews

’n Splinternuwe enkelsnit vir Country-duo, Heuning

Die groep se debuutalbum is in 2012 uitgereik en was onmiddellik ’n treffer

Heuning , wat bekend is vir hulle kenmerkende country-styl en ook hierdie jaar hul tiende jaar in die musiekbedryf vier, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “LIEF TOT DIE DOOD”, wat beskryf kan word as ’n kontemporêre lied met  ’n Country-aanslag. Die snit is geskryf deur Jacques Mouton, ‘n begaafde musikant en liedjieskrywer wat liedjies soos “Rig jy oё op na die Berge” saam met Jo Black en Refentse geskryf het. Die liedjie is vervaardig deur Andre Hartman.

Heuning het dadelik aanklank by die liedjie gevind om rede dit so perfek in hul styl pas.

“Ons hou daarvan as mense kan identifiseer met ons musiek. Ons glo Lief tot die dood, gaan paartjies wat dalk al bietjie langer getroud is, daaraan herinner waarom hulle mekaar in die eerste plek gekies het.”

’n Musiek video van dié treffer word later die jaar vrygestel waar Heuning weer graag hul aanhangers wil betrek deur foto’s en trouvideo’s in die video in te sluit.

Ander enkelsnitte wat deur Heuning vrygestel is, is Ou Vlam asook Maatstaf Vir My Hart en Die lied wat skree. Al hierdie snitte is ongelooflik goed ontvang en het op treffersparades van verskeie radiostasies en televisie kanale gepronk.

Heuning, wat bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt, het bekendheid verwerf vir hulle unieke moderne country-popstyl wat aanklank vind by oud en jonk. Die groep se debuutalbum is in 2012 uitgereik en was onmiddellik ’n treffer . Nie net het dit in 2013 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Country-album en ’n Huisgenoot Tempo-benoeming vir Beste Nuweling opgeraap nie,   maar ook talle radiotreffers opgelewer, waaronder As ek Val, Bietjie Langer Bly, Drome, Skree en Ek Wil Met Jou Dans, asook talle suksesvolle musiekvideo’s wat vandag nog op die kassie te sien is. Die vrystelling van hul album, Drome, in 2015 het vir hulle die geleentheid gegee om by die Crystal Palace in Bakersfield, Kalifornië, te gaan optree.

Heuning is dankbaar om voltyds musiek te kan maak. Hansie Roodt doen gereeld vryskutwerk vir ander musikante soos onder andere Rocco de Villiers en is ook ‘n vryskutmusikant vir die Barnyard teaters.

Jeanette Pretorius hou haarself ook besig met haar kinderproduksie Bee-Bee die By by laerskole, feeste en kleuterskole.

“Dit is vir ons lekker om ons musiek op verskeie platforms te kan uitleef,” sȇ die twee.

Heuning se grootste doelwit is om mense se harte aan te raak met hul musiek. Albei se passie vir musiek kom van kleins af en hulle geniet elke oomblik daarvan.

Hulle is baie opgewonde oor hulle nuutste enkelsnit, LIEF TOT DIE DOOD.

Die enkelsnit is tans op iTunes, Google Play en talle ander elektroniese platforms beskikbaar:

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Heuning

Twitter: @HeuningOfficial

Instagram: @heuningband

YouTube: https://www.youtube.com/user/HeuningTelevisie

BESPREKINGS

E-pos: jeanette@pronette.co.za

 

***********************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button