VANDERBIJLPARK – Kinders was kinders, en die grootmense was ook kinders, al was dit net vir ’n paar uur.
Laerskool Emfulenipark se Kaskar- en Markdag het vroeer vandeesmaand vir groot opwinding gesorg.
Die skool se leerlinge, onderwysers, ouers en beheerliggaam het hulself gate uit geniet.
Terwyl die skool se ontluikende entrepreneurs vir verversings en allerhande aktiwiteite gesorg het, was alle oë op die twee bane gevestig waar die verskillende grade mekaar aangedurf het.
Die spanne het lande van die wêreld verteenwoordig. Van Egiptiese mummies tot Rastafariërs van Jamaika het hulle bestuursvernuf op die renbane ten toon gestel.








At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
