Entertainment

Nege atlete kan geskors word oor kullery by Comrades

Atletiek KwaZulu-Natal (KZNA) sê nege (9) atlete staan ’n kans om gediskwalifiseer te word ná beweerde kullery by vanjaar se Comrades-ultramarathon.

Altesaam 11 713 atlete het die wedloop op 28 Augustus voltooi, maar nou blyk dit of daar ’n paar kullers onder hulle was…

 

KZNA het Maandag gesê ’n voorlopige ondersoek is voltooi.

 

“Tot dusver staan nege atlete die kans om van vanjaar se wedloop gediskwalifiseer te word.

 

“Meeste van die oortredings hou verband met atlete wat nie die volle afstand van 90km afgelê het nie.

 

“Daar is ook gevalle waar atlete ander atlete toegelaat het om met hul wedloopnommers (“race bibs”) te hardloop.

 

“Sommige van die atlete het verkeerde kwalifikasie-inligting verskaf,” lui ‘n uittreksel uit die verklaring.

 

Volgens KZNA het die atlete reeds amptelik kommunikasie van KZNA of ontvang.

 

Hulle word sewe dae gegun om op die kennisgewing te reageer.

 

“Indien die atlete die bevindings betwis sal KZNA ’n formele dissiplinêre verhoor hou,” sê KZNA.

 

Volgens die atletiekliggaam word sommige atlete van verskeie oortredings aangekla.

 

In sulke gevalle sal hulle afsonderlik vir elke oortreding gedissiplineer word.

 

Atlete wat reeds die bevindinge aanvaar het is in kennis gestel van die dissiplinêre stappe wat geneem sal word.

 

Die stappe sluit in: die verwydering van die atlete se uitslae, ’n tydelike skorsing van alle atletiekbyeenkomste en ander maatreëls.

 

Die atlete wat wel gekul het sal hul medaljes moet teruggee.

 

Die kullers sal aan hul provinsies en hul atletiekklubs gerapporter word en kan dan bykomende dissiplinêre stappe in die gesig staar.

 

Die Comrades-marathonvereniging sal ook in kennis gestel word en behou die reg voor om die atlete te verhoed om vir die wedloop in te skryf vir ’n aantal jare.

 

KZNA se president, Steve Mkasi, sê: ““As die provinsiale atletiekliggaam in KwaZulu-Natal, wil ons graag ‘n duidelike boodskap aan atlete stuur om hulself van enige vorm van kullery te weerhou.

 

“Die aanklagte het nie alleenlik betrekking tot die Comrades-wedloop self nie, maar ook met die inligting wat tydens inskrywing en kwalifikasie verskaf is. Die tegniese beamptes was en sal steeds streng wees om te verseker dat oortreders gevang en toepaslik gedissiplineer word.

 

“Met die datum wanneer inskrywings vir Comrades 2023 binnekort onthul sal word, doen ons ‘n beroep op alle atlete om die reëls van alle padhardloop-byeenkomste waaraan hulle deelneem te respekteer en om om die reputasie die sport te handhaaf.”

 

Die ondersoek rakende die oorblywende atlete sal voortgaan en ‘n persverklaring sal uitgestuur word indien die bewerings bewys word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button