News

DA behou stewige houvas op Midvaal

Die DA het volgens die OVK se uitslaepaneel 19 van Midvaal se 30 raadsetels verower en kan sonder ’n koalisievennoot regeer.

MEYERTON – Die DA het sy beheer oor die Midvaal-plaaslike munisipaliteit behou met 61,92% van die steun en 19 setels in die munisipale raad.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se uitslaepaneel is die ANC met 16,07% en vyf setels die grootste opposisieparty. Die VF Plus volg met 7,65% en twee setels.

Die EFF, MKP, ActionSA en TYM het elk een setel verower. Hul steun was onderskeidelik 3,8%, 3,16%, 2,98% en 1,14%.

Die setelverdeling gee die DA ’n volstrekte meerderheid in die raad van 30 lede. ’n Party benodig minstens 16 setels vir ’n meerderheid, wat beteken die DA kan sonder die steun van ’n koalisievennoot regeer.

Die ander ses partye wat in die raad verteenwoordig word, het saam 11 setels.

Die OVK-paneel toon 49 322 stemme vir die DA, teenoor die ANC se 12 805 en die VF Plus se 6 097.

Onder die partye wat volgens die paneel geen raadsetels verower het nie, is die SAKP met 0,71%, die PAC met 0,42%, die ACDP met 0,39% en die ATM met 0,32%.

Die uitslag plaas die DA in ’n sterk posisie om die munisipaliteit gedurende die nuwe raadstermyn te bestuur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button