Entertainment

Vaalpark Primêr se trots

Vaalpark Primêr is trots op elkeen van hul leerders wat hierdie jaar weer hul beste gegee het en die skool se naam hoog gehou het.

VAALPARK. – Vaalpark Primêr het onlangs hul top leerlinge aangewys by die skool se prysuitdeling.

Katelyn Fourie, een van die Vaal se opkomende swemsterre en die skool se hoofdogter van 2022 is aangewys as die Veelsydigste Sportdogter 2022.

Katelyn Fourie. Foto’s verskaf

Sy het geskitter op al wat ‘n baan is en ook in die swembad. Nie net was sy in die skool se attetiekspan nie, sy was ook deel van die o.13A hokkiespan wat die bekers ingeryg het. Die span het die Sasolburg en D8- ligas gewen en is ook as die Noord Vrystaat streekswenners gekroon en het brons in die Interprovinsiale Kampioenskappe verwerf.

Naas hokkie, was Katelyn ook deel van die o.13 netbalspan wat die wat die Fezile Dabi- liga gewen het. Daarna is sy verkies tot die  Vrystaat Cheetah o.13 netbalspan en sy het na die provinsiale kampioenskappe die trofee vir die o.13 Netbal speelster met nog ‘n speelster gedeel.

As lid van die Noord Vrystaat Tweekampspan is sy ook aangewys as die Senior Dogters Tweekampatleet van die jaar.

Katelyn het ook vir die Senior Dogter A-tennisspan, wat die Fezile Dabi liga gewen het, gespeel en is verkies tot die Noord Vrystaat B- tennisspan.

In die swembad was sy weer tuis soos ‘n vis in die water. Sy was vanjaar ingesluit in die Vrystaat – swemspan en wen ’n goue-, silwer- en bronsmedalje by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Sy was gekies as die Noord Vrystaat se Victrix Ludorom en het in al agt swemitems waaraan sy deelgeneem het, eerste plekke behaal.

Katelyn is ook as die senior dogterswemmer van die jaar gekroon.

Damian Hartman het die trofee ontvang vir die Veelsydigste Sportseun 2022.

Damian Hartman

Hy het behoorlik met sy talente op die sportveld gewoeker. Damian was deel van die skool se atletiekspan en ook die skool se o.13 A rugbyspan wat die Valke Suid o.13 A Superskole liga gewen het.

Damian was lid van die valke XV 0.13 B-span, die Noord Vrystaat swemspan en die Noord Vrystaat Tweekampspan. Op die krieketveld het hy geskitter in die 0.13 A span en is ook gekies om vir die Fezile Dabi Noord 0.13 A span krieket te speel.

Jaco Venter is by die prysuitdeling tot die Veelsydigste leerder van die jaar gekroon. Hy was die jaar hoofseun van die skool en het ‘n gemiddeld van 84,48% gehandhaaf en is ook ‘n Top 10 akademiese gr.7 leerder.

Jaco Venter

Jaco was deel van die skool se redenaarsbestuur en het self as redenaar by die ATKV-Semifinale rondte deelgeneem.  Hy ontvang dan ook die trofee vir die Senior redenaar.

Op sportgebied was hy ingesluit in die Vrystaat- atletiekspan wat aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem het. Op die tennisbaan het Jaco geskitter en was deel van die Senior A- tennisspan wat die liga gewen het. Hy is later tot die Noord Vrystaat A-tennisspan verkies en ontvang die troffee vir Senior Tennisspeler van die jaar.

Jaco het ook vir die Valke Suid o.13 A rugby gespeel en was deel van die span wat die Superskole liga gewen het en is tot die Valke XV 0.13 B rugbyspan gekies.

Op die krieketveld het hy die skool in die o.13 A span verteenwoordig en is ook verkies tot die Fezile Dabi Noord o.13 A krieketspan. Jaco het ook die trofee ontvang vir die Waardevolste o.13 krieketspeler.

Die Dux-leerders vir 2022 was: Aruska Nell (Graad 4), Garreth Julius (Graad 5), Neha Autar (Graad 6) en Zieke Rossouw  (Graad 7).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button