EntertainmentLocal newsNewsNews

Eskom bevestig De Ruyter se bedanking

Die kragvoorsiener Eskom het Woensdagmiddag (14 Desember 2022) die bedanking van sy uitvoerende hoof, André de Ruyter, bevestig.

Die nuus het Woensdag gebreek dat De Ruyter, wat die afgelope twee jaar die uitvoerende hoof by Eskom is, bedank het.

Eskom sê in ‘n verklaring: “Vandag, 14 Desember 2022, het Eskom se uitvoerende hoof André de Ruyter sy bedanking ingedien.

Mnr. De Ruyter het ingestem om vir ‘n bykomende tydperk, langer as die gestipuleerde 30 dae, aan te bly om kontinuïteit te verseker terwyl ons na sy opvolger soek. Sy laaste dag by Eskom sal op 31 Maart 2023 wees,” het die voorsitter van Eskom se raad, Mpho Makwana, in die verklaring gesê.

Dit was ‘n eer en ‘n voorreg om Eskom en Suid-Afrika te dien. Ek wens die hardwerkende mense van Eskom sterkte toe,” het De Ruyter gesê.

Eskom het bevestig dat daar geen planne is vir die voorsitter om waarnemende uitvoerende hoof te word nie en dat ‘n omvattende soektog van stapel gestuur sal word om ‘n gekwalifiseerde kandidaat te kry.

Namens die raad van Eskom, die bestuur en al die personeel by Eskom bedank ek De Ruyter vir sy buitengewone diens aan die mense van Suid-Afrika. Ek bedank ook mnr. De Ruyter se familie wat die uitvoerende hoof tydens die ontstuimige tydperk ondersteun het,” het Makwana afgesluit.

Die minister van staatsondernemings Pravin Gordhan sê André het namens Suid-Afrika ‘n enorme las op sy skouers geneem.

Ek wil hom bedank vir sy opofferings en veerkragtigheid in ‘n moeilike pos,” het Gordhan gesê.

Eskom se verklaring ten opsigte van sy bedanking. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button