Dieremishandeling gaan nie op vakansie nie!
Net soos vorige jare sal daar weer weerlose diere wees wat hul dae vasgeketting, afgeskeep, verwaarloos of mishandel gaan deurbring.
VEREENIGING – Baie Vaaldriehoekse inwoners sien reeds met groot opgewondheid uit na hul Desember webreek-vakansie, terwyl die Vereeniging/Vanderbijlpark Diere Beskermings Vereniging hoop dat hulle die nodige voorsorg sal tref vir hul diere wat agter bly.
Die kruks van die saak is dat wreedheid teenoor diere nooit vakansie vat nie!
Weens dié feit is daar ook geen ruskans vir die DBV-inspekteurs nie.
“Elke dag reageer ons inspekteurs op aanmeldings van dieremishandeling en -verwaarloosing. Ons ondersoek klagtes, red diere in nood en neem regstappe teen diegene wat verantwoordelik is vir mishandeling.
“Hierdie diens hou nie in Desember op nie,” sê ‘n woordvoerder van die plaaslike DBV.
Om dieremishandeling aan te meld skakel 016 422 1505 (na-ure noodgevalle: 083 292 5862).
Die feestyd bring addisionele uitdagings
Diere wat gelos word wanneer gesinne op vakansie gaan.
Honde wat sonder genoegsame kos, water koelte of skuiling vasgeketting gelaat word.
Troeteldiere wat weens vuurwerk beseer of sterf.
Ongewenste hondjies en katjies wat by ‘n reeds oorvol DBV afgelaai word.
Diere wat op ons paaie beseer word of sonder veeartsbehandeling gelaat word.
Elke redding kos geld
Die DBV se voertuie het brandstof nodig; die inspekteurs het toerusting nodig; sommige diere wat gered word het veeartsbehandeling nodig en soos altyd moet die diere in die DBV se sorg kos kry.
Die Vereeniging/Vanderbijlpark DBV spook reeds finansieel om kop bo water te hou, en die komende feestyd gaan selfs meer druk op ons beperkte hulpbronne plaas.
Finansiële steun
Help die DBV om hul noodsaaklike dienste te kan voortsit.Enige donasie van R20, R50, R100 of enige bydrae wat jy kan bekostig, kan ‘n groot verskil maak.
Om ‘n EFT-skenking te maak
Rekeningnaam: Vereeniging DBV
Rekeningtipe: ABSA Spaarrekening
Rekeningnommer: 9258578888
Tak: Vereeniging
Takkode: 632005
Verwysing: Skenking & jou naam

