Entertainment

Jozi Cup konings

VANDERBIJLPARK. – Die Wanderers Krieket-stadion in Johannesburg is een van die geskiedkundigste lappies grond in Suid-Afrika. Dink maar terug aan 12 Maart 2006… Die dag toe Suid-Afrika en Australië, wat bestempel word as die beste eendagwedstryd ooit, gespeel het. Die Ratels Krieketklub van Meyerton het Sondag, 18 Junie vir nog ‘n geskiedkundige oomblik gesorg toe …

VANDERBIJLPARK. – Die Wanderers Krieket-stadion in Johannesburg is een van die geskiedkundigste lappies grond in Suid-Afrika. Dink maar terug aan 12 Maart 2006… Die dag toe Suid-Afrika en Australië, wat bestempel word as die beste eendagwedstryd ooit, gespeel het.

Die Ratels Krieketklub van Meyerton het Sondag, 18 Junie vir nog ‘n geskiedkundige oomblik gesorg toe hy die Meyerton Krie­ketklub in die eindstryd van die Diadora Jozi Cup met sewe paaltjies geklop het.

Die Ratels het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Met Adolph Barnard (3/29) aan die spits is die Meyertonners tot 147/8 in die toegelate 20 beurte beperk.

Die Meyertonners se top orde, Ruan Janse van Rensburg (22), Wikus Botha (27) en JP Kok (43) het ‘n stewige onderbou gelê, maar die Ratels het hul middelorde vir kleingeld uitgeboul.

JAAAAAA! Die Ratels vier fees nadat hulle Meyerton Krieketklub in die eindstryd van die Diadora Jozi Cup geklop het. Foto’s: Verskaf

Die Ratels se kolfkoning, Niel Erasmus (89) is nie verniet as die Speler van die Wedstryd aangewys nie. Hy was in ‘n verwoestende bui en het vyftien grenshoue gepiets waarvan 8 bo-oor die grenstou getrek het.
Hoewel Rory Brandon 3/18 platge­trek het en slegs 4.5 lopies per beurt in sy toegelate vier beurte afgestaan het, kon hy en Dinechio Visser (4-0-26-0) nie keer dat Erasmus die Ratels se kolfmaestro die wenlopies met ‘n ses in die 15de beurt kon aanteken nie.

Hy was ook die Speler van die Wedstryd in die halfeindronde. Daar was nog nooit enige twyfel dat die Vaal oor spogkrieketspelers beskik nie en dit is Sondag weer onderstreep.

Niel Erasmuis vier fees nadat hy die wenlopies aangeteken het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button