Rotariërs se Madiba-maand
Die Rotariërklub van Vanderbijlpark het Julie verskeie gemeenskapsprojekte aangepak.
VANDERBIJLPARK. – Suid-Afrikaners vier voormalige president Nelson Mandela se verjaardag deur 67 minute gemeenskapdiens van een of ander aard te verrig.
Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark het hierdie jaar verskeie projekte in Julie ter ere van Madiba-dag aangepak.

Vorige klub president Celeste Lance en huidige president Adri Roos het as deel van hul gemeenskapdiens gaan bloedskenk.
Dan het Adri ook 40 paar skoolkouse by die Tsatsi Primary School in Zamdela afgelewer.
‘n Span Rotariërs het die hospitale in Vanderbijlpark besoek en handgebreide troosbeertjies, mussies en serpe by die kraam – en kindersale versprei.
Jackie van Waveren sê die Rotariër Klub van Vanderbijlpark het die jaar hande gevat met Lifeline en klere, speelgoed, tydskrifte en skoene by die Sebokeng Hospitaal uitgedeel.
Gemeenskapdiens en spanwerk is baie belangrik vir die Rotariërs en hulle is deurlopend besig met projekte om te help waar hul kan.
Indien meer inligting verlang word rakende hul projekte of vir inligting oor hoe om by die klub aan te sluit, kontak gerus vir Jackie by 084 326 5228.
