EntertainmentLocal newsNewsNews

Houtkopweg trek Kersgewaad aan

Met minder as twee weke oor voor Kersfees het Houtkopweg in Vereeniging nou ook sy Kersgewaad aangetrek.

VEREENIGING. – Die eienaars van Houtkopweg 51, 53 en 55 het ‘n gesamentlike poging aangewend om vanjaar die Kersliggies helder te laat skyn.

Die liggies word elke aand om 19:00 aangeskakel en die skouspel duur tot 22:00.

Volgens Louise Joubert van Houtkopweg doen hulle dit elke jaar vir die kinders.

In vandag se gejaagde lewe vergeet mens dikwels van die gees van Kersfees. Ons wil graag Vereeniging se Kersfees-gees aan die gang hou,” vertel sy.

*Die liggies word nie aangeskakel op aande wat dit erg reën nie.

Die Kersliggies skyn helder by Houtkopweg by 51, 53 en 55. Foto: Verskaf
Die liggies skyn van 19:00 tot 20:00. Foto: Verskaf
Een van die huise in Houtkopweg waar inwoners Kersliggies kan besigtig. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button