EntertainmentLocal newsNewsNews

Morné en Carla as Gauteng se 2024-fietsrykampioene gekroon

Morné van Niekerk en Carla Oberholzer het die elite-kategorieë van die Gauteng-padfietskampioenskap by die Aloe Ridge Primêre Skool in Walkerville gewen.

WALKERVILLE. – Carla Oberholzer, van die Cycle Nation-fietsryspan, het vroeg in die wedren weggebreek en loshande die elite wedren vir vroue gewen.

Haar spanmaats, Joanna van de Winkel en Lisa Boné, het onderskeidelik die tweede plek en die derde plek behaal.

Morné van Niekerk, wat in Frankryk vir die St. Michel/Mavic/Auber93-fietsryspan ry, het die wedren vir elite mans gewen nadat hy en Kent Main kort voor die halfpadmerk weggebreek het.

Kent het op een van die laaste heuwels aangeval, maar Morné het ‘n teenaanval geloods en vir Kent weggery om die oorwinning te behaal.

Ruan du Plooy, Kent se spanmaat, het die derde plek behaal.

*Lees meer oor die Gauteng-padfietskampioenskap in Vrydag se Vaalweekblad.

Morné van Niekerk, wat in Frankryk vir die St. Michel/Mavic/Auber93-fietsryspan ry, is Gauteng se nuwe padfietskampioen. Foto: Christiaan Cloete
Morné van Niekerk en Kent Main het saam weggebreek, maar Morné het aan die einde van die wedren die oorhand gekry. Foto: Christiaan Cloete
Reinhardt “The Beast” Janse van Rensburg lei die peloton tydens die Gauteng-padfietskampioenskap in Walkerville. Foto: Christiaan Cloete

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button