SASOLBURG. – Hoewel die Sasolburg Hoërskool Sasolburg se eerste krieketspan gemengde welslae tydens die eerste Kovsie Smash Kriekettoernooi behaal het, loop die skool breëbors rond.
Die rede hiervoor is sy kaptein Meyer Pretorius en onder-kaptein Liam Singleton se insluiting in die toerspan wat tydens die week gekies is, wat Junie/Julie in Nederland gaan toer.
Die toernooi het vroeër vandeesmaand van 7-11 Januarie in Bloemfontein by die Hoërskool Fichardtpark plaasgevind.




In spanverband het SHS warm en koud geblaas met oorwinnings oor Hoërskool Sentraal van Bloemfontein en Voortrekker Hoërskool van Bethlehem.
SHS het die knie teen die Hoërskool Oos Moot van Pretoria en die Hoërskool Jim Fouchè van Bloemfontein gebuig weens swak kolfwerk.
Die span se wedstryde teen Despatch Hoërskool en die Hoërskool Goudveld van Welkom het ongelukkig uitgereën met die gevolg dat die span algeheel 11de geëindig het. SHS se Jan-Hendrik Espach het die nog ‘n kersie op die koek gesit toe hy met sewe vangskote in vier kragmetings gesorg het dat hy die meeste vangskote gedurend die toernooi benut het.
