EntertainmentLocal newsNewsNews

Hittegolf: Beskerm jouself só

AfriForum het 'n waarskuwing uitgereik oor 'n hittegolf wat die naweek verwag word.

AfriForum waarsku teen hittegolftoestande wat na verwagting tot Sondag 11 Februarie oor dele van die land kan duur.

Provinsies wat deur dié toestande geraak word, is die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal.

Hierdie hittegolf verhoog die risiko vir veldbrande met toestande wat ook gunstig is vir wegholveldbrande.

Verder hou hierdie uitermatige warm toestande ook die gevaar in vir mense, veral bejaardes en kinders, om maklik te dehidreer.

AfriForum het ’n opsommende gids saamgestel oor hoe om gereed te wees wanneer jou onmiddellike omgewing deur ’n hittegolf geteister word. Klik hier vir meer wenke.

Dit sluit onder meer in hoe om voorsorg te tref vir hierdie uiterste hitte sowel as wenke op oorlewing tydens en ná ’n hittegolf.

Van die wenke in die gids saamgevat om veilig te wees gedurende ’n hittegolf sluit in om nooit enige volwassenes, kinders en troeteldiere in voertuie te los nie; om ligte kleure en katoenklere aan te trek; om gereeld ’n koue stort of bad te neem om jou liggaamstemperatuur af te bring; om gereeld en genoegsame water en elektroliete in te neem; en om – indien moontlik – enige oefening of werk in die middel van die dag se hitte te vermy.

“Tydens ’n hittegolf is dit veral belangrik dat daar voorsorg getref word vir bejaardes, kinders en troeteldiere soos om genoeg vloeistowwe te drink en uit die son te bly om hittekrampe, hitte-uitputting of sonsteek te voorkom,” sê Tarien Cooks, rampbestuurspesialis vir AfriForum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button