EntertainmentLocal newsNews
Vuurwarm aksie wag by Ultimate Outlaws hierdie Saterdag!
Bring die hele familie Saterdag. 2 Maart. vir 'n middag van pret by Ultimate Outlaws Raceway!
VEREENIGING. – Almal met ‘n liefde vir brullende enjins, staan gereed: Op 2 Maart word die nuwe seisoen amptelik geopen by Ultimate Outlaws Raceway.
Daar wag sommer hope aksie wanneer die blitsige voertuie wegtrek in die Stockrods-klas, die Junior Developments, die 1660’s, Hotrods, 2L Hotrods en Sprints.
Hekke open die middag om 13:00 en die wedrenne begin om 17:00.
Ultimate Outlaws is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- and Boy Louwlaan, Vereeniging. Meer besonderhede oor die byeenkoms is beskikbaar by 082 222 3365.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
