Ons weet wat ons weet
Areas in Vanderbijlpark het vir lank nie elektrisiteit gehad nie nadat Dorp Substasie gebrand het. Laerskool Totius se juniors vertel wat hulle maak as daar nie krag is nie.
Katie Crowley

Ons eet enige iets wat in die huis is en brand baie candles. Toe die krag weer aankom het ons ge-celebrate en gaan speel.
Tian Jonker

Ons moes kerse aansit en kosmaak op twee gasbottels.
Laila Martincich

Ons het krag by die huis gehad. By die skool was die skerm af.
Jeandre Dreyer

Ons het krag gehad. Ons moes nie kerse gebrand het of kos gekoop het nie.
Jayden de Villiers

Die ligte het met batterye gewerk en ons moes die heeltyd kos koop. Ek het krieket gespeel.
Handri Rheeder

Ons het ‘n generator. Toe die krag aankom het ons dadelik die wasmasjien aangesit.
Zea-May Keyter

Ons bly naby nêrens so ons het krag by die huis gehad. Die son het geskyn so ons kon sien by die skool.
