EntertainmentNews

‘Nuwe’ musiekduo se enkelsnit sien die lig

Die musiekduo het pas hul nuwe enkelsnit vrygestel.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (11 – 17 April) verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON – Die idee van hul nuwe groep het ontstaan, te midde van briljante musiek en slegte lewensbesluite– ‘n onwaarskynlike kombinasie wat die ontstaan van ‘n nuwe musikale duo HKJK geïnspireer het.

Johan van Rooyen (15) en Kosie Beukes (18), albei lede van die gewilde kinder-groep 4 Eva Young Band, het saamgespan om iets heeltemal nuut te begin.

Hul debuut-enkelsnit, Ek skryf die song oor jou, is ‘n bewys van hul groei en ontwikkeling as musikante.

HKJK, wat staan vir “Hier Kom Johan en Kosie,” is meer as net ‘n grypende akroniem; dit is ‘n verklaring van hul aankoms in die musiekwêreld as jong volwassenes, gereed om hul merk te maak.

Die band het pop- en rock-elemente naatloos gekombineer, met ‘n fokus op grypende melodieë en betekenisvolle lirieke.

Hul klank is vars, maar tog bekend, en hul debuut is ‘n moderne liefdesbrief sonder pretensieuse woorde—net rou, herkenbare emosie, sonder “fênsie” woorde, soos Antjie Krog sou sê.

Ek skryf die song oor jou is geskryf vir Generasie X.

Johan sy hart in die lirieke uitgegiet.

Soos een van die bandlede dit stel, “Dit is ‘n liefdesbrief wat op papier neergeskryf is (ja, sommige tieners gebruik nog steeds pen en papier), maar uiteindelik deur musiek tot uiting kom.”

Die boodskap van die lied is duidelik: moenie wag vir die perfekte oomblik om jou liefde te verklaar nie, want dit mag dalk nooit gebeur nie.

Hul debuut is ‘n moderne liefdesbrief sonder pretensieuse woorde—net rou, herkenbare emosie, sonder “fênsie” woorde, soos Antjie Krog sou sê.

Kosie het die melodie van die lied gekomponeer, terwyl Johan sy hart in die lirieke uitgegiet het.

Die aansteeklike koor is iets wat lank na die lied se einde in jou gedagtes bly.

Beide jong manne is opgewonde oor die toekoms.

Op 15 en 18 is hulle vasbeslote om die Afrikaanse musiekbedryf op sy kop te draai.

Kosie het die melodie van die lied gekomponeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button