Entertainment
Parkrunners skop 2026 op ’n hoë noot af
Parkrunners van die Vaaldriehoek het Nuwejaarsdag aktief en vrolik begin.
MEYERTON/SASOLBURG/VANDERBIJLPARK – Daar was ’n goeie opkoms by die eerste parkruns van 2026 in die Vaaldriehoek.
Talle hardlopers het by Meyerton parkrun opgedaag vir die eerste loop van die jaar, terwyl die Sasolburg Stadion parkrun ’n prettige kleurloop aangebied het. Pont de Val parkrun het ook deelnemers verwelkom wat die jaar gesond wou begin.
Vrywilligers en hardlopers het die gemeenskapsgees van parkrun gevier en die jaar aktief afgeskop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
