Entertainment

Rubriek: Moet aanlyn-Pinocchios se neuse afgesaag word?

Aandagsoekers se strewe om in die kollig te bly oortref enige logika.

Afrikaans is darem ‘n pragtige taal met sêgoed wat net beter in Afrikaans klink.

Een van hierdie wat veral by my aanklank vind is: “Lee blikke maak die meeste geraas.”

Dan is daar ander vrae wat my in die stort kwel, soos hoekom ‘n sekere segment van ons bevolking verkies om agteruit by parkeringplekke in te trek.

Tensy jy ‘n getaway-kar vir bankrowers bestuur of aan vervolgingswaansin ly gaan jy een of ander tyd agteruit moet trek, ongeag of jou voertuig se neus vorentoe of agtertoe kyk. So gepraat van neuse.

Dis die ander kaggelkakkie wat my aorta laat bult en bruis. Diegene wat so lief is om hulle snoete in ander se sake te steek.

Grotendeels lê ek die kwaal voor sosiale media se deur. Niks is meer privaat nie. Almal het ‘n opinie.

Maar ek het ‘n slinkse vermoede dat sekere individue se neuse net soos Pinocchio sn al lank voor dit begin groei het.

Met sulke snoete is dit seker moeilik om ander se sake te vermy.

Dit het ek weer verlede week besef toe ek ‘n bitsige persoonlike boodskap op Facebook gekry het oor ‘n berig wat ek geskryf het. Wat weet die polisie tog?

Daar’s mos honderde Facebook-speurders daar buite. Hoe kan ek berig dat die nadoodseondersoek aka outopsie afgehandel is?

Vra sy…en…en…en! Punt een die oorledene is begrawe. Duh!

Punt twee die polisie het bevestig dat die outopsie afgehandel is maar dat die geregtelike doodsondersoek voortduur.

Strike 2! As jy soveel insig en kennis oor die saak het meld dit aan by die polisie.

Die probleem met hierdie self aangestelde kampvegters vir alles wat goed en sleg is, is dat hulle bitter vinnig persoonlike aanvalle loods sodra daar gate in hulle argument gepons word.

Sodra hulle ‘n idee in hulle koppe gekry het, kan geen konkrete bewyse hulle anders oorreed nie. Hierdie mense hou van drama.

Daar moet ‘n skurk in die verhaal wees. Om op Facebook onder die dekmantel van geregtigheid te kere te gaan is net ‘n front.

‘n Front om relevant te bly en die aandag van die geraamtes in hul kas weg te lei.

Daar word gesê mens moenie met ‘n vark in die modder stoei nie, maar dit is ‘n les wat ek nog nie heeltemal onder die knie het nie.

Solank as wat hulle geraas maak gaan ek hulle stilmaak. Mens moet maar in hierdie ou lewe versigtig wees wie jy kaalhande aandurf.

Miskien moet ek begin rondsnuffel oor fotograwe wat mense in die Vaaldriehoek inloop.

Wie weet tog wat die uwe met sy Joodse snuffelsnoet kan uitsnuffel. Al wat ek weet is dat drukkersink net soos die pen magtiger as die swaard is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button