Entertainment

AfriForum briesend oor plaaslike kennisgewing

Kennisgewing minder as 24 uur voor vergadering uitgereik

SASOLBURG – Die AfriForum-tak in Sasolburg het gister  ’n dringende skrywe aan die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gerig nadat die munisipaliteit ’n openbare kennisgewing minder as 24 uur voor ’n belangrike vergadering van die Munisipale Publieke Rekeninge Komitee (MPRK) uitgereik het.

Die kennisgewing vir die vergadering wat op Dinsdag 17 Maart om 13:00 plaasvind is eers Maandag 16 Maart uitgestuur. Volgens AfriForum bied dit nie genoegsame tyd vir gemeenskapslede om reëlings te tref om dié belangrike vergadering, wat boonop gedurende werksure plaasvind, by te woon nie.

“Hierdie optrede is ’n duidelike skending van die beginsels van deursigtigheid en openbare deelname. Dit ontneem die gemeenskap van hul grondwetlike reg om betekenisvol deel te neem aan plaaslike regering,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Volgens Braam Muller, voorsitter van AfriForum se Sasolburg-tak, blyk dit dat die munisipaliteit doelbewus die vergadering op ’n tyd wou hou wanneer minder gemeenskapslede dit kan bywoon. “Dit skep die indruk dat die munisipaliteit doelbewus openbare deelname beperk en kritiese toesig probeer vermy.

AfriForum wys daarop dat wetgewing soos die Wet op Munisipale

Stelsels 32 van 2000 vereis dat munisipaliteite meganismes moet skep wat die publiek in staat stel om deel te neem aan munisipale prosesse. Verder bepaal die Grondwet dat gemeenskappe aangemoedig moet word om betrokke te raak by plaaslike regering.

AfriForum het onder meer versoek dat: 1. Die huidige proses ongeldig verklaar word; 2. ’n nuwe vergadering skeduleer word; 3. voldoende en tydige kommunikasie oor die nuwe vergadering gegee word en 4. dat die vergadering op ’n tyd gehou word sodat soveel as moontlik mense dit kan bywoon om betekenisvol te kan deelneem.

AfriForum beklemtoon dat openbare deelname ’n kernbeginsel van verantwoordbare en demokratiese plaaslike regering is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button