News

Hoekie-onnie laat hamer by SA’s vlieg

Deel sy kennis met jongelinge.

VANDERBIJLPARK – Die voormalige Afrika-hamergooikampioen, Alan Cumming, het tydens die afgelope ASA Senior Baan en Veld Kampioenskap in Stellenbosch ‘n silwermedalje verwerf.

Alan ‘n onderwyser by die HS Driehoek het die 7.26kg hamer 67.87m ver geslinger om ‘n tweede plek te behaal.

Om voltyds skool te gee en atletiek te beoefen is nie ‘n maklike taak nie, maar Alan het al op die internasionale verhoog ondanks die struikelblokke behaal. Hy is tans ook aan hoof van ‘n hamergooi akademie by Driehoek wat skitterende hamergooiers kweek.

Een van die atlete is JP Theron wat onlangs met ‘n puik gooi van 71.24m (6kg) homself as die negende beste o18-gooier ter wêreld gevestig het.

JP Theron

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button