Rowers slaan weer toe by Vaal Mall
Twee winkels is glo geteiken toe rowers Woensdagaand by die gewilde winkelsentrum toegeslaan het.

VANDERBIJLPARK. – Rowers het glo Woensdagaand by die Vaal Mall toegeslaan en minstens twee winkels geteiken.
Volgens inligting wat aan die koerant verskaf is, was Edgars na bewering een van die winkels wat deur die verdagtes geteiken is.
Die bron beweer dat niemand tydens die voorval beseer is nie, maar dat die rowers met ‘n hoeveelheid goedere weggekom het.
Daar word verder beweer dat een voertuig wat moontlik met die voorval verbind word, later gevind is.
Die besonderhede van die voorval kon teen druktyd nog nie onafhanklik bevestig word nie.
Vaal Mall se bemarkingsbestuurder Maretha Lombard, het teen druktyd nog nie gereageer nie.
Navrae is ook aan die polisie gerig.
Die koerant wag op amptelike kommentaar.
Hierdie berig sal opgedateer word sodra meer inligting beskikbaar raak.
