Emmie-harte klop warm vir hul gemeenskap
Ware omgee word bewys met dade.
VANDERBIJLPARK – Die leerlinge, personeel en ouers van die Laerskool Emfulenipark het weer gewys dat liefde vir jou medemens en diere ‘n verskil maak toe hulle met hul Gee Om-inisiatief ‘n groot hoeveelheid kos, komberse en ander noodsaaklike benodigdhede vir die DBV ingesamel het.
Volgens die skool sou die sukses van die inisiatief nie moontlik gewees het sonder die ruim ondersteuning van die Emmie-gemeenskap nie.
“Ons is opreg dankbaar vir elke skenking, bydrae en helpende hand. Saam het ons ‘n betekenisvolle verskil gemaak in die lewens van diere wat liefde, sorg en ‘n tweede kans nodig het. Baie dankie aan almal wat betrokke was. Julle goedhartigheid maak ‘n ware verskil,” het die skool op sy Facebookblad gesê.
