EntertainmentNews

Nuwe padelbane nou oop by Hoërskool Dr. Malan

Meyerton kry 'n nuwe sport- en kuierplek met drie padelbane wat nou vir die publiek oop is.

MEYERTON – Die nuwe padelbane by Hoërskool Dr. Malan is op 1 Augustus amptelik geopen en gee inwoners van Meyerton nou toegang tot ‘n splinternuwe sport- en ontspanningsfasiliteit.

Die drie bane is tydens ‘n openingstoernooi ingewy en word deur Principal Padel, onder leiding van Pieter Ferreira, bestuur.

Die bane is weeksdae van 08:00 tot 22:00 en oor naweke van 07:00 tot 22:00 vir die publiek oop.

Deelnemers in aksie op een van die drie splinternuwe padelbane tydens Saterdag se openingstoernooi by Hoërskool Dr. Malan in Meyerton. Photo: Christiaan Cloete

‘n Bykomende trekpleister is die Padel Café, wat deur die bekende plaaslike spysenier Johan du Preez, beter bekend as “Panda”, bestuur word.

Besoekers kan hier onder meer roosterkoeke, toasties, slaaie, sop, muffins en ander ligte etes geniet, asook ‘n verskeidenheid warm en koue drankies soos koffie, Freezos, smoothies en yskoffie.

Pieter Ferreira van Principal Padel (regs) en Johan “Panda” du Preez, wat die Padel Café bestuur, tydens die amptelike opening van die nuwe padelbane by Hoërskool Dr. Malan. Foto: Christiaan Cloete

Die bane is op die terrein van Hoërskool Dr. Malan in Shippardstraat geleë.

Belangstellendes wat ‘n baan wil bespreek of meer inligting verlang, kan Principal Padel se Facebookblad besoek of 083 384 2355 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button