Entertainment

Water lek al maande in SW1

Munisipaliteit reageer glo nie.

VANDERBIJLPARK – Honderde duisende liter water is reeds vermors en die Emfuleni Munisipaliteit (ELM) doen glo niks daaraan nie.

Daar is twee waterlekke in die stadium een in Conradie straat en een in Ben Johnson straat.

So sê Frank Benson een van die inwoners. “Dit is hartseer om die water so te sien vermors. Dit lek al seker vir vier maande. Ons het al die raadslede in die wyk en die munisipaliteit gekontak niks gebeur nie. Ons is raadop,” sê Benson

Volgens Kallie Lewis is die twee lekke op dieselfde hoof watertoevoerpyp verbind.

Vaalweekblad het die munisipaliteit om kommentaar genader.

Kallie Lewis een van die inwoners van Ben Johnson straat in SW1 in Vanderbijlpark bydie waterlek. Foto: Ettienne van Rensburg
Die waterlek in Conradie straat. Foto: Ettienne van Rnesburg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button