News

‘Katpiepie’-reuk: Raadslid eis optrede

Die minister se kantoor het ontvangs van die navraag erken en onderneem om dit onder die betrokke amptenare se aandag te bring.

MIDVAAL. – Raadslid Salome Janse van Rensburg van Risiville het die onaangename reuk wat inwoners met katpiepie vergelyk, opnuut met owerhede opgeneem nadat klagtes die afgelope naweek weer geopper is.

Janse van Rensburg sê sy het aan die parlement geskryf om te vra dat die reuk in die Vaaldriehoek en elders in Gauteng ondersoek word.

Volgens haar neem sy die saak ook met die Sedibeng-distriksmunisipaliteit op.

Ek het aan die parlement geskryf om te vra dat hulle die reuk in die Vaaldriehoek ondersoek.

Sy sê sy wil die departement van gesondheid betrek omdat sy bekommerd is oor die moontlike uitwerking op inwoners se gesondheid.

Die kantoor van die minister van bosbou, visserye en die omgewing het intussen ontvangs van haar korrespondensie erken.

In die skriftelike antwoord sê die kantoor die saak sal onder die betrokke amptenare se aandag gebring word vir oorweging en dat terugvoer mettertyd verskaf sal word.

Janse van Rensburg sal verdere inligting te deel sodra sy terugvoer ontvang het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button