News

Vierde kwartaal begin more

Wêreldonderwysersdag word jaarliks op 5 Oktober gevier.

VANDERBIJLPARK – Terwyl onderwysers regoor die wêreld vandag op Wêreldonderwysersdag vereer word, berei skole in die Vaal en Gauteng voor om môre hul deure vir die vierde kwartaal te heropen.

Wêreldonderwysersdag word jaarliks op 5 Oktober gevier en is ’n geleentheid om erkenning te gee aan die rol wat onderwysers in die opvoeding en ontwikkeling van kinders speel.

Vir duisende onderwysers in die Vaal beteken die dag egter ook dat die laaste kwartaal van die 2026-skooljaar op hande is. Onderwysers en leerders het net ’n paar weke om die jaar se werk af te handel voordat die Desembervakansie aanbreek.

Vir matriekonderwysers is die druk selfs groter. Die Nasionale Senior Sertifikaat-eindeksamen begin op 13 Oktober, net ’n week nadat skole vir die vierde kwartaal heropen.

Die laaste kwartaal is tradisioneel ’n besige tyd vir onderwysers, met lesse wat afgehandel moet word, eksamenvoorbereiding en administratiewe werk wat terselfdertyd aandag verg.

Wêreldonderwysersdag is vanjaar onder die tema “Reimagining teaching as a collaborative profession” gevier. Die dag fokus op die belangrikheid van onderwysers en die ondersteuning wat hulle nodig het om hul werk doeltreffend te kan doen.

Die dag bied ook ’n geleentheid vir ouers en leerders om hul waardering te toon aan die onderwysers wat elke dag in klaskamers werk.

Met skole wat môre heropen, begin die laaste gedeelte van die skooljaar. Vir matriekleerders is die eindeksamen reeds om die draai, terwyl ander grade hul laaste akademiese en buitemuurse verpligtinge vir die jaar aanpak.

Vir onderwysers is dit die laaste groot hupstoot voordat die skooljaar in Desember tot ’n einde kom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button