News

Motor en sleepwa in knipmes-ongeluk op R59

’n Motor en ’n sleepwa was Maandag in ’n ongeluk op die R59 (suidwaarts) betrokke.

VEREENIGING – ’n Motor en ’n sleepwa het Maandagmiddag, 5 Oktober, glo op die R59 geknipmes en teen die padhelling tot stilstand gekom.

Die ongeluk het net noord van die Redan-afrit, in die rigting van Vanderbijlpark, plaasgevind. Die inligting is kort ná 12:00 aan Vaalweekblad deurgegee.

Die wit motor het langs die geel sleepwa wat met voertuigonderdele gelaai is tot stilstand gekom.

Die besonderhede van die ongeluk is nog nie onafhanklik bevestig nie en geen inligting oor moontlike beserings was teen publikasietyd beskikbaar nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button