Local news

Interessante oggend saam met Afrikaanse skrywer

Daar is lekker gekuier en baie gesels by die boekbespreking van Die Dekonstruksie van Retta Blom. Die boek is ook in 'n rolprent omskep.

VANDERBIJLPARK – Die Vanderbijlpark Leeskring het Donderdagoggend saam met die bekende skrywer, Zelda Bezuidenhout gekuier.

Hulle het ook van die geleentheid gebruik gemaak om Zelda se boek, Die Dekonstruksie van Retta Blom, te bespreek.

Die dames van die Vanderbijlpark Leeskring saam met die bekende skrywer, Zelda Bezuidenhout (voor, derde van links). Foto: Lynette Cillier, Vanderbijl leeskring

Die leeskring se tesourier, Tina van Vuren het as gesprekleier opgetree en Zelda al die vrae gevra waaroor die lesers gewonder het.

Lynette Cilliers van die leeskring sê dit was ʼn wonderlike oggend en almal het die kuier baie geniet.
Die Vanderbijlpark Leeskring kry gereeld skrywers om deel van hul boekbesprekings te wees. Hulle kom gewoonlik op Donderdae oggende bymekaar.

Kontak gerus vir Lynette by 082 593 5964 indien jy belangstel om by die leeskring aan te sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button