CommunityLocal newsNews

Dié week in die nuus

Het jy al hierdie week se Vaalweekblad gekoop? Dis nou op straat en by jou naaste kafee of winkel beskikbaar teen slegs R5-40. Hier is solank 'n voorsmakie van wat jy kan lees.

Retha Fitchat

* ‘n 13-jarige seun van Laerskool Vaalrivier in Vanderbijlpark veg om sy lewe in Cormed nadat hy oornag ‘n nierprobleem ontwikkel het.
* ‘n Kinderverkragter is in die Vereenigingse streekhof tot 53 jaar gevangenisstraf gevonnis.
* Die stortingsterrein in Duncanville is nou as gevaarsone geklasifiseer en word tydelik gesluit. Inwoners kan in Vaalweekblad lees waar hulle voortaan hul rommel kan stort
* Verdagtes word vasgetrek na die wrede marteling van twee bejaardes.
* ‘n Vanderbijlparkse man wie se been jare gelede geamputeer is, kan weer loop danksy mnr. Hennie Strauss van Groenewald Orthopaedics, wat vir hom ‘n kunsbeen geskenk het.
* Die Palms-winkelsentrum in Vanderbijlpark se lieflike kinderspeelplek  is tydelik gesluit nadat ‘n gemene dief hul springmatte gesteel het.

* ‘n Onderwyser skryf waarom mense in dié beroep besig is om hul drome en passie te verloor.
* Lees ook Dr Johan de Lange se raad oor hoe jy ‘n Goeie Dokter kan uitken.
* Vaalweekblad this week includes a bonus English newspaper with interesting news about a new trolley project which is set to alleviate unemployment in the Vaal.
* Electricity theft from neighbours in elite suburbs of the Vaal Triangle is not uncommon anymore. Read what you should do if you suspect your neighbour is tapping into your power!
* Statistics show that one in four employees are suffering from depression in the workplace. See what companies can do to support their staff.
* Del Arté Eisteddfod 2017 sprankel vanjaar met hoëgehalte inskrywings! Hierdie week plaas Vaalweekblad foto’s van sommige dansertjies wat reeds deelgeneem het.
* Ouers van kleingoed wat reeds ingeskryf het vir President Hyper/Vaalweekblad se jaarlikse baba- en kleuterwedstryd moet kyk of jul kleinding se foto hierdie week in die koerant is sodat julle vir hom/haar kan begin stem.
SPORT:
* Vreugdevure brand by Transvalia nadat die skool se o/16-rugbyspan Saterdag die span van Helpmekaar Kollege met 46-12 geklop het.
Lees dié en verskeie ander berigte in vandag se uitgawe van Vaalweekblad – nou op straat teen slegs R5-40.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button