CommunityLocal newsNewsNews

73-jarige wreed vermoor

VANDERBIJLPARK. - Mev. Maria Adamson (73), inwoner van die Rynepark-kompleks in van Dyckstraat, SW5, is waarskynlik iewers deur die nag van 16 of 17 September (Saterdag/Sondag) in haar huis vermoor.

Die verdagte het moontlik deur ‘n skuifdeur, agter die huis, onregmatige toegang tot haar woning verkry en die veiligheidshek oop forseer.

Wyle mev. Adamson se liggaam is vol kneusplekke op haar bed gevind. Sy is vermoedelik ook verwurg.

Volgens inligting is kontant, ‘n Samsung selfoon en ‘n tablet gesteel.

‘n Saak van moord word deur die polisie ondersoek.

Enige persoon met meer inligting kan die Vanderbijlpark-polisie kontak.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 20 SEPTEMBER 2017

Rynepark Kompleks. Foto: Jannie du Plessis
Rynepark Kompleks. Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button