CommunityLocal newsNewsNews

Dié week in die nuus – 15 November 2017

Vandag se Vaalweekblad is op straat en hier is 'n opsomming van die week se hoofnuus. Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-40.

 

Retha Fitchat

* ‘n Vuisgeveg het onlangs die lewe van Wimpie Koekemoer, ‘n karaoke-sanger, by ‘n Vanderbijlparkse kuierplek geëis. ‘n 18-jarige skoolseun het Maandag in verband met die saak in die hof verskyn.
* ‘n Sasolburgse man skiet sy vrou en homself voor hul kind.
* Die gebeure rondom die skietdood van Gavin Victor voor ‘n bekende Vereenigingse nagklub, ontvou verder in die hof
* Inwoners maak hul stemme dik oor die uiters swak toestand van plaaslike vullisterreine.
* ‘n Goedgelowige Vaaldriehoekse egpaar verloor hul R800 000-pensioengeld in ‘n sangoma se slenter.
* Het jy in Oktober aan Vaalweekblad se blokraaisel-wedstryde deelgeneem? Vandag kondig ons die wenners aan. Dalk is jy een van die gelukkiges!
* Manne, neem deel aan 90.6FM, Riviera Eiendomme en Vaalweekblad se baardwedstryd ten bate van kankerlyers. Manne hoef nie hul baarde te laat groei of af te skeer as hulle nie wil nie – enigeen kan steeds die projek ondersteun en dalk ‘n lam wen!
* Maak seker jy dagboek die skouspelagtige blommeskou in Parys. Alle blomliefhebbers moet dié geleentheid sien.
* Is jou kleinding ‘n deelnemer aan vanjaar se groot President Hyper/Chilli PicNic/Vaalweekblad Baba- en Kleuterwedstryd van die jaar? Kyk in vandag se koerant wie is die finaliste.
SPORT:
* Die 17-jarige Driaan van der Berg (100), ‘n leerling aan die Hoërskool Transvalia, het Saterdag in die plaaslike Saterdagliga Meyerton se eerste krieketspan met sy tweede hondertal die seisoen tot ‘n spogsege van nege paaltjies oor Sasolburg gelei
* Die Vereeniging Rugbyklub het onlangs sy spelers vir hulle bydraes en prestasies in 2017 vereer. Kyk wie is die manne wat toekennings ontvang het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button