CommunityNewsOpinions

Wrede plaasaanval op bekende ruk Noord-Kaap

Die VF Plus sê dié party is saam met ander Noord-Kapenaars geskok oor die wrede aanval op 'n bekende bejaarde boer van die omgewing

Die VF Plus is saam met ander Noord-Kapenaars geskok oor die wrede aanval op die bekende mnr. Piet Els (86) en sy lewensmaat, me. Rikkie Alsemgeest (66), sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus.

Dr. Boshoff sê alhoewel die Noord-Kaap tot dusver minder plaasaanvalle as ander provinsies beleef het, het hierdie aanval baie mense tot werklikheid geruk.

“Min is nog bekend oor die aanval, buiten dat dit deur oormatige wreedheid gekenmerk is. Luidens berigte is beide slagoffers met ʼn strykyster gebrand en geslaan waarna hulle vasgebind en beroof is. Albei sterk tans in die hospitaal aan.

“Die vraag kom altyd na vore of ons met ‘gewone’ of politieke misdaad te doen het. In hierdie verband moet mnr. Els se status as prominente grondeienaar rondom Kimberley in ag geneem word.

“Politici in die Sol Plaatje-munisipale raad het oor die afgelope maande dikwels in verband met mnr. Els na onteiening sonder vergoeding verwys, as ‘n manier om grond vir goedkoop residensiële ontwikkeling beskikbaar te verkry.

“Die besonderhede rondom die aanval is onbekend, maar dit is jammer dat politici met onverantwoordelike uitsprake moontlik die grond vir sulke aanvalle voorberei,” sê dr. Boshoff.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button