LifestyleLocal newsNews

Hersien Midvaal se waardasierol, eis VF+

Inwoners is baie ontsteld oor die reusesprong in die waardasies van hul eiendomme

 
MEYERTON. – Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het vroeër die maand ʼn dringende beroep op die Midvaal-stadsraad gedoen om grondwaardasies te hersien aangesien sekere onderontwikkelde gebiede volgens die VF+ oorgeëvalueer is. Die waardasierol het onlangs tydens ʼn geïntegreerde ontwikkelingsplan-vergadering (GOP) by Laerskool Voorwaarts in ʼn vurige debat ontaard en raadslede moes behoorlik bontstaan om vrae te beantwoord.

Mnr. Kobus Hoffman, die VF Plus-onderleier in Gauteng, sê die gemeenskap is uiters ontsteld oor die reusesprong in die waardasies van hul eiendomme omdat dienslewering agterweë gelaat word.

“Dit blyk ook dat die nuwe Midvaal-klagtesentrum as ʼn buffer tussen die gemeenskap en die raadslede dien, eerder as om probleme en klagtes te hanteer,” sê Hoffman.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button