Mirandi se enkelsnit val sag op die oor
Mirandi se nuwe enkelsnit, "Proe" het al die potensiaal om 'n treffer te word. Klik op die skakel en gaan kyk die video.
VEREENIGING – Sy het Suid-Afrika in 2023 bekoor in Die Kontrak 3 en met ‘n algehele tweede plek en ‘n platekontrak weggestap. Mirandi het harte gesteel met haar eerlike aanslag en sterk geloof. ʼn Bondel energie wat bykans enige genre kan sing.
Die pad daarna was nie altyd maklik nie, maar Mirandi gee nooit op nie. Behalwe vir haar treffer Céline Dion Tribute vertoning wat eersdaags ook in Vereeniging gesien kan word, het sy so pas ʼn nuwe musiek video vrygestel.
Proe is geskryf deur Johan Oberholzer en beloof om weer ʼn treffer te wees. Haar aanhangers op Facebook is gaande oor die lied wat met elke luister net mooier word.
Carol Hougaard skryf: “Baie mooi !! Warm stem lae register pragtig!! Hou van wat jy hier doen!!!”
Terwyl Leon Hartman laat weet het: “Mirandi wow…🤯🤯 onbeskryflik mooi 🙌🙌 mag proe ‘n nommer 1 treffer word op elke radiostasie in SA. In my beskeie opinie’ n kunswerk. Jou stem is fenomenaal.”
Bernedine Saayman Koch: “Hierdie is n treffer, jou stem se verskillende fasette word duidelik benut, pragtige lied, baie geluk.”
