Local newsNews

‘n Grote val in Offenbachstraat

Dié bekende ou boom het onlangs die einde van sy leeftyd bereik

 

Dié groot boom, wat sowat 50 jaar lank skadu in Offenbachstraat, Vanderbijlpark gegee het en ‘n tuiste vir baie voëls was, het die einde van sy pad bereik toe dit onlangs omgeval en dwars oor die straat gelê het. Volgens inwoners het die boom met wortel en tak omgeval na die afgelope weke se gereelde reënbuie, maar veral ook weens ‘n lekkasie in ‘n ondergrondse waterpyp, wat die terrein rondom die boom se wortels in ‘n moeras omskep het. Volgens ‘n inwoner, Michelle Tait, het die munisipaliteit dieselfde dag nog die waterlek herstel. Die stam en takke is ook in kleiner stukke opgesaag, maar was teen die naweek nog nie verwyder nie. Die palissade, wat beskadig is toe ‘n deel van die boom daarop geval het, is ook nog nie reggemaak nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button