Local newsNews

Vaalweekblad betreur oud-kollega se dood

Voormalige sportredakteur van Vaalweekblad sterf na lang siekbed

 

Me. Heidi Vogel, ‘n voormalige redaksielid van Vaalweekblad, is op 26 Maart na ‘n lang siekbed in die Life Knysna Private Hospitaal oorlede.

Heidi is op 21 Augustus 1963 gebore en het in Vanderbijlpark grootgeword, waar sy in 1981 aan Vaal High School gematrikuleer het. Sy het daarna deeltyds deur Unisa studeer en in 1986 ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde behaal.

Sy was sowat 15 jaar – eers as sportverslaggewer en later sportredakteur – by Vaalweekblad betrokke voordat sy in 2001 na Sedgefield in die Kaap verhuis het, waar sy tot 2014 redakteur van die Knysna-Plett Herald was.

Heidi het daarna tot 2016 as uitvoerende assistent vir Knysna se onderburgemeester, Speaker en die burgemeesterskomitee gewerk.

Vaalweekbladpersoneel sal haar onthou vir haar groot belangstelling in verskeie sportsoorte en sportjoernalistiek, maar veral ook haar passie vir mense en diere in nood.

* ‘n Gedenkdiens vir Heidi vind plaas op 28 April om 11:00 in die Stadtmission, Beethovenstraat 6, Vanderbijlpark. Vaalweekblad se innige simpatie aan haar naasbestaandes en vriende.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button