LifestyleLocal newsNews

‘n Boer (en Bosvark) maak self plan

Sakemanne klim op hul trekker en herstel self slaggate

Retha Fitchat

VANDERBIJLPARK. – Hoe gemaak as jy ‘n sakeonderneming het en nie langer wil toesien dat jou kliënte en ander padgebruikers aan gevaarlike slaggate blootgestel word nie? Jy klim op jou trekker en begin die gate self vul.
Dit is presies wat Renier Calitz en Pieter Oosthuizen van Bosvark, ‘n plaaslike onderneming wat braaiers en toebehore vir braaiers vervaardig en verkoop, verlede week gedoen het. Renier en Pieter het besluit om die groot slaggate in hul straat in CE6, met grond op te vul en deeglik vas te stamp om minstens ‘n tyd lank minder gevaar vir motoriste in te hou.
“Ons doen maar ons deel om Petterstraat in ‘n beter toestand te kry vir padgebruikers, veral omdat dit ‘n deurgangsroete vir swaarvoeruie is,” sê Renier.
Die twee sakemanne se werk stop egter nie hier nie. Hulle vee die paaie ook gereeld skoon en maak ook die stormwaterdreine in die omgewing skoon sodat reënwater nie in die straat versamel en die pad verder verweer nie.
Hulle daag ander sakeondernemings in die Vaaldriehoek uit om ook by die instandhouding van die paaie in hul eie sakegebiede betrokke te raak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button