Local newsNews

Wie kan help om Zorro te vind?

As hy nie gevind word nie, wag daar 'n verdrietige Kersfees op die Fouries van Vanderbijlpark. As iemand weet waar die hondjie is, maak asseblief kontak met die gesin. Dit sal hul grootste Kersgeskenk ooit wees!

Salomie Fourie van Vanderbijlpark skryf:

Ons het nog steeds nie hierdie hondelyfie gekry nie. Asb mense, iewers moes iemand hom gesien het of iets weet van hom. Ons het die strate deurgery en almal in die omgewing uitgevra. Niemand in ons straat het hom gesien nie. Ons was al by SPCA, Purpaws for life, en al die veeartse in Vanderbijlpark. Het ook al Ifm gebel. Ek share sy foto op elke denkbare groep en nog steeds niks. Ons mis hom vreeslik baie. Sy naam is Zorro, hy is 5 maande oud. Hy het Sondag weggeraak uit Bernard Shawstraat, SW1, Vanderbijlpark.

Asseblief, groot asseblief, as enige iemand iets weet, kontak my groot asseblief by 082 427 6354.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button