HealthLifestyleLocal newsNationalNewsOpinionsBreaking News

Is dit rou riool wat in die Vaaldam dryf?

Hengelaar geskok oor voorwerpe wat lyk na menslike uitskot in die Vaaldam, van waar die grootste persentasie Gautengse inwoners hul drinkwater kry.

Stanley Pretorius het vandag ‘n video op sy Facebookblad geplaas wat hy gister by Moolmans langs die Vaaldam geneem het.

Hy sê hy was besig om te hengel toe ‘n massa vieslike gemors, wat soos rou riool lyk, net skielik vanuit die niet “opgedaag” het.

“Ek het nie woorde om te sê wat ek voel nie. Dis skokkend en dis letterlik die hele oewer vol,” sê hy.

‘n Facebook-gebruiker, Gary Dunn, se kommentaar op die video is dat hy bekend is met dié verskynsel, wat “algae bloom” genoem word. Hy sê dit is presies wat die video wys.  “Dit kan giftig wees en ruik nogal baie soos riool. Dit kan veroorsaak word deur ‘n oormaat stikstof en / of fosfor in die water,” sê Gary.

Vaalweekblad sal so gou as moontlik kommentaar by RandWater oor die verskynsel aanvra en terugvoer gee.

Kyk na die video by dié skakel:

https://www.facebook.com/stanley.pretorius/videos/10218381314745432/UzpfSTEwMDAwMzY4MzkwNjYwMzozMDYwNjExMjk0OTk0MTQ6MTA6MDoxNTQ5MDA3OTk5OjYxMDQ5NjMzMDQ2NjY2ODQxNDY/

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button