CommunityLifestyleLocal newsNews

Afwesigheid van padtekens skep kommer, lei to ongelukke

Die afwesigheid van padverkeerstekens is waarskynlik die oorsaak van ‘n botsing waarin verskeie skoolkinders eergister (22 Oktober) in Vanderbijlpark ernstig beseer is.   Die bus wat twintig leerlinge van die Laerskool Frikkie Meyer vervoer het, het op die hoek van Bequeralstraat en Hertz Boulevard teen ’n bakkie gebots. Die leerlinge en bestuurder van die bakkie moes per …

Die afwesigheid van padverkeerstekens is waarskynlik die oorsaak van ‘n botsing waarin verskeie skoolkinders eergister (22 Oktober) in Vanderbijlpark ernstig beseer is.

 

Die bus wat twintig leerlinge van die Laerskool Frikkie Meyer vervoer het, het op die hoek van Bequeralstraat en Hertz Boulevard teen ’n bakkie gebots. Die leerlinge en bestuurder van die bakkie moes per ambulans na ’n plaaslike hospitaal geneem word.

 

Die VF Plus het onmiddellik verskeie ondernemings om hulp genader wat aangebied het om te help met die aanbring van die nodige padtekens by besige kruisings.

Die party sê hulle het voorheen by verskeie geleenthede die munisipaliteit versoek om die vereiste padverkeerstekens in Emfuleni aan te bring. Hierdie versoeke het glo op dowe ore geval en motoriste en voetgangers se lewens is daagliks in gevaar wanneer hulle die paaie gebruik.

“Emfuleni se inwoners word van hul menseregte ontneem deur in ’n omgewing te werk en woon wat nie net gevaarlik is nie, maar waar feitlik geen dienste gelewer word nie”.

 

“Die ANC-beheerde raad beskik nie oor die nodige leierskap en politieke wil om Emfuleni weer in ‘n funksionerende munsipaliteit te omskep nie en die VF Plus sal aanhou om druk op die raad te plaas om dit wel te doen,” sluit die party se plaaslike woordvoerder af.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button