CommunityLifestyleNewsBreaking News

Koop jou diploma vir R800!

Daar is deesdae soveel skelmstreke en bedrog in die land dat selfs ‘n diploma teen ‘n skamele bedrag van net R800 gekoop kan word! Maar wees gewaarsku – koop jy so ‘n diploma is jy skuldig aan ‘n misdryf en kan aangekla word daarvoor. ‘n 44-jarige man is verlede week gearresteer vir die verkoop van …

Daar is deesdae soveel skelmstreke en bedrog in die land dat selfs ‘n diploma teen ‘n skamele bedrag van net R800 gekoop kan word! Maar wees gewaarsku – koop jy so ‘n diploma is jy skuldig aan ‘n misdryf en kan aangekla word daarvoor.

‘n 44-jarige man is verlede week gearresteer vir die verkoop van verskillende soorte vals akademiese kwalifikasie sertifikate tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie. Op die dag van sy inhegtenisneming het hy pas ‘n diploma vir menslike hulpbronbestuur vir R800 verkoop.

 

Die provinsiale hoof van die Direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek, majoor-generaal Zodwa Mokoena, het die span se goeie werk toegejuig en die publiek ook aangemoedig om soortgelyke voorvalle aan te meld.

‘Dit is nou ‘n kriminele oortreding as iemand valslik of bedrieglik beweer dat hy of sy ‘n kwalifikasie of gedeeltelike kwalifikasie het. Diegene wat vals kwalifikasies aanbied op soek na werksgeleenthede, sal nie gespaar word nie,’ het sy gewaarsku.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button