CommunityLifestyleLocal newsNewsUpdate

Die omvang en uitwerking van die langdurige droogte in Suid-Afrika is skokkend en word duidelik geïllustreer deur die feit dat die land se melkboere afgeneem het van 3 561 in Januarie 2009 tot die huidige 1 228. Meer as 2 300 melkboere moes hoofsaaklik weens die droogte handdoek ingooi. “Wat landbou in die algemeen aanbetref, …

Die omvang en uitwerking van die langdurige droogte in Suid-Afrika is skokkend en word duidelik geïllustreer deur die feit dat die land se melkboere afgeneem het van 3 561 in Januarie 2009 tot die huidige 1 228. Meer as 2 300 melkboere moes hoofsaaklik weens die droogte handdoek ingooi.

“Wat landbou in die algemeen aanbetref, het sowat 30 000 werksgeleenthede verlore gegaan sedert Januarie verlede jaar. Luidens mediaberigte word meer as 37% van alle mense in landelike gebiede ernstig geraak deur die droogte terwyl die land se omvangryke wild- en jagbedryf, wat groot getalle buitelanders lok, met sowat 80% moes terugsny op hul wild.

“SA boere veg ‘n stryd om oorlewing en om steeds voedselsekerheid aan Suid-Afrika te bied. Steeds is die regering traag om hulle in hierdie groot krisisuur te help. Die regering se raad aan boere is om versekering teen droogteverliese uit te neem. Dit is skokkend,” beklemtoon Fanie du Toit, VF Plus LP in Noordwes in ‘n persverklaring.

“Die regering moet wakker skrik voor dit te laat is. Die krisis gaan nie oornag verdwyn nie. Die nasionale raad van provinsies behoord die krisis te bespreek en dringend na antwoorde soek om boere en hul werknemers van ondergang te red,” sê Du Toit.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button