NewsNews

Ernstige brandwonde nadat man ‘nes skrop’ by kragdrage

VEREENIGING. - ’n Hawelose man, vermoedelik in sy 20’s, het Vrydagoggend (9 Oktober) derdegraadse brandwonde opgedoen nadat hy sy bed in ‘n kragmas gemaak en homself toe glo aan die kragdrade probeer optrek het.

Dit blyk of hy vir hom ’n ‘nessie’ probeer maak het in een van die hoë kragmaste langs Mario Milanirylaan. Cobus de Wet, ’n brandweerman wat op die beseerde man afgekom en hulp ontbied het, sê hy en sy vrou het Vrydagoggend omstreeks 09:30 besluit om ondersoek in te stel nadat hulle op sosiale media van die man gehoor het. Met hul aankoms het hulle die erg beseerde man aangetref en ER24 onmiddellik ontbied. Die ER24-noodpersoneel het hom op die toneel behandel.
Volgens hulle het hy derdegraadse brandwonde oor sowat 50% van sy lyf opgedoen. Die beseerde man is na die Sebokenghospitaal geneem vir behandeling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button