CommunityLifestyleNewsNewsUpdate

Lyk al sukkelend na versekeraar gedra

Old Mutual was die week behoorlik in die kollig (of moet mens sê sop) nadat ‘n familie wat wag vir ‘n begrafnispolis om uit te betaal, uit desperaatheid die lyk na die versekeraar se kantore geneem het. Die voorval het by een van die takke in KwaZulu-Natal gebeur, maar ‘n video van die hele petalje …

Old Mutual was die week behoorlik in die kollig (of moet mens sê sop) nadat ‘n familie wat wag vir ‘n begrafnispolis om uit te betaal, uit desperaatheid die lyk na die versekeraar se kantore geneem het.

Die voorval het by een van die takke in KwaZulu-Natal gebeur, maar ‘n video van die hele petalje het soos ‘n veldbrand regoor die land verspei. Teen Woensdag (20 November) was dit die gewildste besprekingspunt op Twitter.

In die video tel twee vroue ’n groot blou sak, vermoedelik met ’n lyk in, op en dra die sak sukkel-sukkel uit na buite en laai dit in ’n voertuig.

Dié video is amper 31 000 keer op Twitter gekyk.

Mense was woedend en het gedreig om hul polisse te kanselleer.

Klik hier om video te besigtig

Old Mutual het op die video gereageer en sê dit is vir hom skokkend en hy het simpatie met die familie in hierdie moeilike tyd.

“Ons kan bevestig dat die polis uitbetaal is,” het Old Mutual getwiet.

Die polis het, volgens Old Mutual, langer gevat om uit te betaal omdat die saak eers geassesseer moes word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button