NewsNews

Kaartjies vir Nicholis se Kerskonsert nou beskikbaar

VANDERBIJLPARK. - Die gewilde popsanger, Nicholis Louw, is reeds hard aan die oefen vir Vaalweekblad se Kerskonsert wat op Sondag, 24 November om 18:00 by die groot Kompas Gemeente digby Stonehaven gehou word.

Nicholis se aanhangers en almal wat lief is vir Kersfeesmusiek gaan hom dié aand in ‘n heel nuwe gedaante ontmoet. Nicholis ontvang al jare opleiding in operamusiek, waarvoor sy stem hom besonder goed leen. Dit gaan egter nie ‘n swaar klassieke program wees nie. Oud en jonk sal die ligte, bekende Kersliedere wat op die musikale spyskaart is, terdeë geniet. Kaartjies vir die Kerskonsert is nou reeds teen R100 vir volwassenes en
R50 vir kinders onder 18 by Kompas Gemeente se kerkkantoor beskikbaar. Kry jou kaartjies by die kerkkantoor in Abrahamstraat 90, Mantevrede,
Vanderbijlpark, of skakel (016) 004 0016 met enige navrae. ‘n Beperkte aantal kaartjies is ook by Vaalweekblad se kantore in Vanderbijlpark beskikbaar. In sommige gevalle sal Vaalweekblad kaartjies by u huis kom aflewer indien u dit nie self kan kom afhaal nie. Skakel Retha by 083 246 0523 vir meer besonderhede.
Kaartjies kan ook elektronies bespreek word op Quicket se webwerf. Die skakel is: https://www.quicket. co.za/events/91327-vaalweekbladse- kerskonsert-saam-met-nicholislouw/#/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button