NewsNews

Chaos in die middedorp

VANDERBIJLPARK. - ‘n Bestuurder wat vermoedelik versuim het om op die hoek van DF Malan- en Attie Fouriestraat in die middedorp by die verkeerslig te stop, het Dinsdagmiddag, 26 November vir groot skade aan verskeie voertuie gesorg.  

Die bestuurder van die rooi Volkswagen Polo het eers ‘n Audi getref.

Die impak was so groot dat die Audi bo-op die randsteen te lande gekom het. Die Polo het daarna nog twee ander voertuie wat geparkeer was, getref.

Die slag van die ongeluk het mense wat in die middedorp werk, inkopies gedoen het en wat in die staat geloop het, op die ongelukstoneel laat saambondel. Niemand is in die ongeluk beseer nie, maar duisende rand se skade is aan die onderskeie voertuie aangerig.

Dit is weer eens ‘n bewys dat dit baie belangrik is om nie die padreëls te verontagsaam nie.

Die polisie was op die toneel en die saak word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button